27 As mense in tale wil praat, dan moet dit net twee persone wees wat praat, of nie meer as drie persone nie. Hulle moenie saam praat nie, hulle moet ná mekaar praat wanneer dit hulle beurt is om te praat. En daar moet iemand wees wat kan tolk en sê wat dit beteken.
28 As daar nie iemand is wat kan tolk nie, dan moet die een wat in tale praat, stilbly, dan moet hy nie praat daar waar die gemeente bymekaarkom nie. Hy moet praat daar waar hy alleen is en waar hy sy eie geloof sterk kan maak en met God kan praat.
29 En wanneer die profete God se boodskap bring, dan moet dit ook net twee of drie profete wees wat praat. Die ander profete moet luister of hulle reg praat.
30 En as een profeet praat en God wys vir ’n ander profeet iets wat hy dadelik vir die gemeente moet sê, dan moet die eerste profeet ophou praat.
31 Elke profeet kan ’n beurt kry om God se boodskap vir die gemeente te bring. En so leer God vir almal en so maak Hy almal se geloof sterk.
32 Julle moet onthou, ’n profeet kan besluit om op te hou praat en hy kan vir ’n ander profeet ’n beurt gee om te praat.
33 Want God wil hê dat alles wat julle doen, reg moet wees wanneer julle bymekaarkom, dit moenie deurmekaar wees nie, want God hou van vrede.Vroue praat nie in een van die gemeentes nie,