32 Julle moet onthou, ’n profeet kan besluit om op te hou praat en hy kan vir ’n ander profeet ’n beurt gee om te praat.
33 Want God wil hê dat alles wat julle doen, reg moet wees wanneer julle bymekaarkom, dit moenie deurmekaar wees nie, want God hou van vrede.Vroue praat nie in een van die gemeentes nie,
34 en hulle moet dit ook nie by julle doen nie. God wil dit nie hê nie, die vroue moet luister na hulle mans. Die Ou Testament sê dieselfde.
35 As die vroue iets wil weet, dan moet hulle dit by die huis vir hulle mans vra, want dit is nie mooi wanneer ’n vrou in die kerk praat nie.
36 Julle is nie die eerste gemeente wat die boodskap van God gebring het nie, en julle is ook nie die enigste gemeente wat die boodskap gehoor het nie.
37 As iemand ’n profeet of ’n geestelike mens is, dan sal hy weet dat die dinge wat ek vir julle skryf, dinge is wat die Here self sê.
38 En as iemand nie aanvaar wat ek skryf nie, dan sal die Here hom ook nie aanvaar nie.