19 As ons hoop dat Christus ons red net vir hierdie lewe op die aarde, dan moet al die mense baie jammer wees vir ons.
20 Maar nee, God het vir Christus weer laat lewe, dit is seker. Christus is die eerste Een van almal wat gesterf het, en God het Hom weer laat lewe.
21 ’n Mens, Adam, het gesterf, en van toe af het almal in die wêreld gesterf. Maar nou het God ’n ander Mens, Christus, weer laat lewe, en daarom sal al die gelowiges wat gesterf het, ook weer lewe.
22 Ons is almal die nageslag van Adam, daarom sterf ons almal. Maar ons behoort ook aan Christus, en daarom sal God ons ook almal weer laat lewe.
23 Elkeen kry ’n beurt. Christus is die Eerste, God het vir Christus weer laat lewe. Later, wanneer Christus weer kom, sal die mense wat aan Hom behoort, ook weer begin lewe.
24 Daarna sal die einde kom. Die einde is wanneer Christus alles waaroor Hy regeer, vir God die Vader gee, en wanneer Christus almal en alles sal oorwin wat oor die wêreld wil regeer.
25 Want Christus moet regeer. Hy sal regeer totdat God Hom laat wen het teen al sy vyande.