24 Daarna sal die einde kom. Die einde is wanneer Christus alles waaroor Hy regeer, vir God die Vader gee, en wanneer Christus almal en alles sal oorwin wat oor die wêreld wil regeer.
25 Want Christus moet regeer. Hy sal regeer totdat God Hom laat wen het teen al sy vyande.
26 Die laaste vyand wat oorbly, is die dood. Maar Christus sal die dood ook oorwin.
27 Ja, in die Ou Testament is geskryf: God het alles vir Hom gegeesodat Hy daaroor kan regeer.Maar wanneer God sê: “Christus moet oor alles regeer,” dan moet ons dit reg verstaan. Dit beteken nie dat Christus ook oor God regeer nie, want God is die Een wat alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer.
28 Wanneer God alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer, dan sal Christus, die Seun, Homself ook vir God gee. Julle moet onthou, God is die Een wat alles vir Christus gegee het sodat Christus daaroor kan regeer. Daarom sal God aan die einde ook oor Christus regeer, en dan sal God oor alles en almal regeer.
29 Daar is iets anders waaroor ons ook moet dink. Party mense laat hulle doop, en dan sê hulle dat hulle dit doen vir die mense wat gesterf het en wat hulleself nie kon laat doop nie. Maar hoekom doen hulle dit as die mense wat gesterf het, nie weer sal lewe nie?
30 En ook, as die mense wat dood is, nie weer sal lewe nie, hoekom doen ons elke dag vir God dinge waaroor ander mense ons wil doodmaak?