4 Christus is begrawe, en God het Hom op die derde dag weer laat lewe. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is.
5 Christus het verskyn aan Sefas, en daarna het Hy ook verskyn aan die twaalf apostels.
6 Daarna het Hy aan meer as 500 gelowiges op dieselfde tyd verskyn. Baie van hulle lewe vandag nog, maar party het klaar gesterf.
7 Daarna het Christus aan Jakobus verskyn, en toe aan al die apostels.
8 Laaste het Hy aan my verskyn. Ek was glad nie belangrik nie.
9 Ek is die minste belangrik van al die apostels. Ek is nie goed genoeg om ’n apostel te wees nie, omdat ek voorheen baie slegte dinge gedoen het aan die mense van die kerk van God.
10 Maar God was genadig vir my, daarom is ek nou ’n apostel. Ja, God was genadig vir my, ek het daarna harder gewerk as al die ander apostels. Maar dit is nie ék wat so goed was nie, dit was Gód wat so genadig was vir my en wat altyd saam met my was.