13 Wanneer ons oor die dinge van God praat, dan gebruik ons nie woorde wat slim mense vir ons geleer het nie, ons gebruik woorde wat God se Gees vir ons geleer het. En so verduidelik ons geestelike dinge vir mense wat die geestelike dinge kan verstaan.
14 Iemand wat lewe soos die mense van hierdie wêreld, wil nie die dinge van God se Gees hê nie, want hy dink dit is dom dinge. Hy kan dit nie verstaan nie omdat ’n mens dit geestelik moet verstaan.
15 Iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, kan oor enige iets sê of dit reg of verkeerd is. Maar niemand anders kan sê of iemand wat lewe soos die Gees van God wil hê, reg of verkeerd is nie.
16 In die Ou Testament is geskryf: Niemand kan verstaanwat die Here dink nie,niemand kan vir Hom sêwat Hy moet doen nie.Maar ons, ons verstaan wat Christus dink.