1 Ek weet julle dink dat wanneer ek by julle is, dan raas ek nie met julle nie, maar wanneer ek weg is, dan is ek kwaai met julle. Nou vra ek, Paulus, baie mooi vir julle, en ek vra dit omdat Christus ’n sagte hart het en omdat Hy goed is.
2 Ek vra: Wanneer ek weer na julle toe kom, dan moet julle nie dinge doen wat my baie kwaai laat word nie. Want ek sal kwaai wees met die mense wat dink dat ons soos wêreldse mense lewe.
3 Ja, ons lewe op die aarde, maar wanneer ons veg teen die duiwel, dan doen ons dit nie soos wêreldse mense nie.
4 Nee, ons veg met wapens, maar dit is nie wapens van die wêreld nie. Hierdie wapens het baie krag omdat dit God se wapens is, ons kan die vyand se sterk mure afbreek met daardie wapens. Ons breek die vyand se slim woorde af.