1 Om te spog, help ’n mens niks, maar partymaal moet ’n mens ’n bietjie spog. Ek wil nou iets sê. Die Here het iets met ’n persoon laat gebeur en Hy het vir hom dinge gewys wat niemand anders gesien het nie.
2 Ek weet van ’n man wat aan Christus behoort. Veertien jaar gelede het God hierdie man na die hoogste hemel geneem. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit.
3-4 Ja, ek weet God het hierdie man geneem tot in die paradys. Ek weet nie of die man met sy liggaam daar was en of net sy gees daar was nie. Net God weet dit. Daar in die paradys het hierdie man wonderlike dinge gehoor, so wonderlik dat ’n mens nie daaroor kan praat nie.
5 Ek sal spog oor hierdie man. Maar ek sal nie oor myself spog nie. Ek sal net daaroor spog dat ek swak is.
6 As ek besluit om te spog, dan sal ek nie ’n dom mens wees nie, want ek sal die waarheid praat. Maar ek het besluit om nie te spog nie. Want ek wil nie hê dat die mense moet dink ek is beter as wat ek was toe hulle my gesien of gehoor het nie.