11 As ek so spog, dan doen ek dieselfde soos ’n dom mens doen. Maar dit is júlle wat my dit laat doen. Want julle is die mense wat vir my moes geglo het. Party van daardie vals apostels dink dat hulle beter is as ek en hulle sê dat ek niks beteken nie, maar ek is so goed soos hulle.
12 Ek het baie maal by julle dinge gedoen wat wys dat ek ’n ware apostel is. Ek het tekens en wonderwerke gedoen en ander dinge wat wys hoe sterk God is.
13 Ek het by julle niks anders gedoen as in die ander gemeentes nie. Maar ek het nie vir julle geld gevra vir myself nie. As dit verkeerd was, dan moet julle my vergewe.
14 Dit is nou die derde maal dat ek na julle toe sal kom. Ek sal nie vir julle geld vra vir myself nie. Ek wil nie julle geld hê nie, ek wil vir júlle hê. Julle weet hoe die lewe is: Dit is nie die kinders wat vir die ouers geld moet spaar nie, nee, dit is die ouers wat vir die kinders geld moet spaar.
15 Ek sal baie graag alles wil gee wat ek het, ek sal ook alles wil gee wat ek is sodat ek vir julle kan help. As ek so baie lief is vir julle, dan mag julle nie minder lief wees vir my nie.
16 Ja, ek het nie vir julle geld gevra sodat ek vir myself kon sorg nie. Maar daar is miskien party van julle wat sê dat ek baie slim was en dat ek ander skelm dinge gedoen het om julle te bedrieg.
17 Het ek julle bedrieg toe ek een van die mense wat saam met my werk, na julle toe gestuur het? Nee.