17 Het ek julle bedrieg toe ek een van die mense wat saam met my werk, na julle toe gestuur het? Nee.
18 Julle onthou dat ek vir Titus gevra het om na julle toe te kom. Ek het ook iemand anders saamgestuur, iemand wat saam met ons werk. Julle weet dat Titus julle nie bedrieg het nie. En ek dink soos Titus en ek doen dieselfde wat hy doen.
19 Julle dink miskien nog altyd dat ons besig is om te wys dat ons nie iets verkeerd gedoen het nie sodat julle kan dink ons is goed. Nee, ons is mense wat aan Christus behoort, ons weet dat God alles hoor wat ons sê. Daarom sê ons hierdie dinge. Ons doen alles omdat ons lief is vir julle en omdat ons julle geloof sterker wil maak.
20 Ek is bang dat wanneer ek by julle kom, dan sal julle nie wees soos ek graag wil hê julle moet wees nie. En miskien is ék ook nie soos julle graag wil hê ek moet wees nie. Miskien haat julle ander mense, miskien stry julle met almal, miskien maak julle mense kwaad vir mekaar, miskien maak julle mense vyande van mekaar, miskien beledig julle mekaar, miskien skinder julle van mekaar, miskien dink die een mens hy is beter as die ander mens, of miskien maak julle probleme.
21 Ek is bang dat God my sal verneder wanneer ek weer daar by julle kom. Hoekom? Omdat ek miskien sal huil en treur oor baie mense in die gemeente wat sonde gedoen het en wat nie verander het nie, hulle lewe nie soos God wil hê nie. Ek is bang dat hulle nog die dinge doen wat hulle altyd gedoen het, dat hulle slaap by mense met wie hulle nie getroud is nie, dat hulle onsedelik lewe, en dat hulle doen wat hulle wil.