8 Maar julle moet weet: Ons kan nie iets doen wat teen die waarheid is nie. Ons kan net iets doen wat saam met die waarheid gaan.
9 Daarom is ons bly wanneer ons swak is en wanneer julle sterk is. Ja, ons bid dat julle heeltemal sal lewe soos God wil hê julle moet lewe.
10 Dit is hoekom ek hierdie dinge skryf terwyl ek nie by julle is nie. Dan sal ek nie kwaai wees wanneer ek weer by julle is nie. Want die Here het gesê ek mag kwaai wees sodat ek die gemeentes kan opbou, nie sodat ek hulle afbreek nie.
11 My vriende, ek wil nog een ding vir julle sê: Julle moet bly wees, julle moet lewe soos die Here wil hê julle moet lewe, julle moet luister wanneer ons vir julle sê wat reg is, julle moet saamwerk met mekaar, julle moet in vrede lewe met mekaar. Dan sal die God van liefde en vrede by julle wees.
12 Julle moet mekaar groet met ’n soen wat wys dat julle almal aan Christus behoort. Al die gelowiges stuur groete vir julle.
13 Ek bid dat die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle almal, en dat julle almal lief sal wees vir mekaar soos God lief is vir julle. Ek bid ook dat die Heilige Gees by julle sal wees sodat julle almal aan mekaar sal behoort.