6 God het ons goed genoeg gemaak om die werk te kan doen, ons moet vir mense vertel van ’n nuwe verbond. ’n Mens skryf hierdie verbond nie met letters op papier nie, nee, die Heilige Gees skryf dit. Letters op papier bring die dood, maar die Gees laat mense lewe.
7 Die werk wat Moses moes doen, het mense laat sterf. God het die letters van daardie werk op plat klippe geskryf. Moses se werk was om die wette van God die Koning na die volk toe te neem. Daarom kon die Israeliete nie na Moses se gesig kyk nie, sy gesig het te veel geblink. Moses se werk het ’n wonderlike ding laat gebeur, maar dit gebeur nou nie meer nie.
8 Die werk van die Gees kan baie meer wonderlike dinge laat gebeur.
9 Die werk wat vir mense straf gebring het, het wonderlike dinge laat gebeur, maar die werk wat vir mense vryspreek, sal nog baie meer wonderlike dinge laat gebeur. Dit sal die beste van alles wees.
10 Ja, die werk wat Moses gedoen het, het wonderlike dinge laat gebeur, maar nou is dit nie meer so nie. Dit is omdat die werk van die Gees baie meer wonderlike dinge laat gebeur.
11 Die werk van Moses wat nou verby is, het wonderlike dinge laat gebeur, maar die werk van die Gees wat nou gekom het en wat altyd sal bly, sal baie meer wonderlike dinge laat gebeur.
12 Ons is baie seker dat daar nou ’n nuwe verbond is. Daarom is ons nie bang om te preek nie.