5 Ons bring nie ’n boodskap oor onsself nie, ons bring ’n boodskap oor Jesus Christus wat die Here is. Maar julle moet ook weet dat ons julle slawe is omdat ons Jesus se boodskap vir julle bring.
6 Ons doen dit omdat God gesê het dat daar lig moet skyn uit die donker. So het God ook in ons harte geskyn. Hy het dit lig gemaak in ons sodat ons kan weet dat Hy die Koning is en dat Jesus Christus ook Koning is, Jesus het vir ons kom wys hoe God is.
7 Hierdie boodskap oor Jesus Christus is baie kosbaar. Maar God het die boodskap gebêre in kleipotte wat maklik kan breek. Hierdie kleipotte is ons. Almal moet sien dat die boodskap groot krag het omdat dit van God kom en nie van ons nie.
8 Mense hou aan om ons te laat swaarkry, maar ons hou aan om te lewe. Ons weet nie altyd wat om te doen nie, maar ons is nie moedeloos nie.
9 Mense wil ons doodmaak, maar God los ons nie. Mense slaan ons sodat ons val, maar ons sterf nie.
10 Ja, wanneer julle sien hoe ons lewe, dan kan julle sien hoe Jesus swaargekry en gesterf het. Wanneer julle sien hoe ons lewe, dan kan julle ook sien dat Jesus weer lewe.
11 God laat vir ons wat nog lewe, altyd so swaar kry dat ons amper sterf, want ons doen Jesus se werk. Maar wanneer julle sien hoe ons lewe, dan wys God dat Jesus lewe, Hy wys dit vir ons wat eendag moet sterf.