1 Vriende, ons wil hê julle moet weet dat God genadig was vir die gemeentes in die provinsie Masedonië.
2 Hierdie gemeentes is baie arm. En God het hulle getoets, ja, hulle het baie swaar gekry. Maar hulle is ook baie bly. En nou het hulle gewys dat hulle ryk is, want hulle het ander gelowiges wat swaarkry, baie gehelp.
3 Hierdie gemeentes het gegee wat hulle kon gee. Nee, ek kan getuig dat hulle meer gegee het as wat hulle kon gee. Hulle het self gekom en
4 ernstig vir ons gevra of hulle vir ons kan help om geld te kollekteer vir die gelowiges in die provinsie Judea. Hulle het gesê dit sal hulle baie bly maak.