12 Want as ’n mens graag iets wil gee, dan aanvaar die Here dit wat jy kan gee. Die Here wil nie hê dat jy iets moet gee wat jy nie het nie.
13 Hy wil nie hê dat julle self moet swaarkry omdat julle baie gee om die gelowiges in Jerusalem te help nie. Nee, die een moenie meer as die ander hê nie.
14 Julle het nou meer as genoeg om te kan lewe. Daarom kan julle vir ander mense gee, mense wat nie genoeg het nie. Daar sal miskien weer ’n tyd kom wanneer die gelowiges in Jerusalem te veel het. Dan sal hulle weer vir júlle help wanneer julle te min het. En dan sal die een nie meer as die ander hê nie.
15 Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Hulle wat baie gehad het,het nie te veel gehad nie,en hulle wat ’n bietjiegehad het,het nie te min gehad nie.
16 Maar ek sê vir God dankie dat Hy vir Titus lus gemaak het om julle te gaan help om die geld te kollekteer. Titus dink ook soos ek dat dit belangrik is dat julle klaar moet kollekteer.
17 Want toe ons vir Titus ernstig gevra het om vir julle te gaan help, het hy ja gesê. Maar hy wou dit voorheen self graag doen. Daarom het hy self besluit om te gaan.
18 Ons stuur ook iemand anders saam met Titus. Hy werk saam met ons vir die Here. Al die gemeentes ken hom en prys hom omdat hy die goeie boodskap so goed bring.