14 Julle het nou meer as genoeg om te kan lewe. Daarom kan julle vir ander mense gee, mense wat nie genoeg het nie. Daar sal miskien weer ’n tyd kom wanneer die gelowiges in Jerusalem te veel het. Dan sal hulle weer vir júlle help wanneer julle te min het. En dan sal die een nie meer as die ander hê nie.
15 Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Hulle wat baie gehad het,het nie te veel gehad nie,en hulle wat ’n bietjiegehad het,het nie te min gehad nie.
16 Maar ek sê vir God dankie dat Hy vir Titus lus gemaak het om julle te gaan help om die geld te kollekteer. Titus dink ook soos ek dat dit belangrik is dat julle klaar moet kollekteer.
17 Want toe ons vir Titus ernstig gevra het om vir julle te gaan help, het hy ja gesê. Maar hy wou dit voorheen self graag doen. Daarom het hy self besluit om te gaan.
18 Ons stuur ook iemand anders saam met Titus. Hy werk saam met ons vir die Here. Al die gemeentes ken hom en prys hom omdat hy die goeie boodskap so goed bring.
19 Maar dit is nie net óns wat hom stuur nie, die gemeentes het hom ook gekies om saam met ons te werk wanneer ons die geld kollekteer vir die gelowiges in Jerusalem. Ons doen hierdie werk sodat almal kan sien dat net die Here Koning is. En dan kan almal ook sien dat ons graag hierdie werk wil doen.
20 Ons wil ook keer sodat mense nie sleg praat van ons nie. Want dit is baie geld wat ons kry en uitdeel.