2 Die mense op die eiland was baie vriendelik. Dit het gelyk of dit sal reën en dit was koud. Hulle het ’n vuur gemaak en hulle het ons na die vuur geneem.
3 Paulus het ’n klomp droë hout opgetel en hy het dit op die vuur gegooi. Maar daar was ’n slang in die hout. Omdat die vuur warm was, het die slang uitgekom. Die slang het vir Paulus aan sy hand gebyt.
4 Die mense wat op die eiland bly, het gesien die slang hang aan Paulus se hand. Hulle het vir mekaar gesê: “Hierdie man is ’n moordenaar, dit is seker. Die gode wil hom straf en doodmaak omdat hy verkeerd gedoen het. Die gode het gesien dat hy nie in die see verdrink het nie, nou sal die slang hom doodmaak!”
5 Maar Paulus het die slang afgeskud, en dit het in die vuur geval. En daar het niks sleg met Paulus gebeur nie.
6 Die mense het gedink dat Paulus sal opswel of dat hy sal val en sterf. Hulle het lank gewag en toe het hulle gesien dat daar niks met hom gebeur nie. Toe het hulle iets anders begin dink. Hulle het gesê dat Paulus ’n god is.
7 Naby daardie plek was die grond van die hoof van die eiland. Die hoof se naam was Publius. Hy was vriendelik en hy het vir ons plek gegee om te bly, drie dae lank.
8 Publius se pa was siek. Hy het koors gehad en sy maag was baie deurmekaar en het gewerk. Paulus het na hom toe gegaan en hy het vir hom gebid. Paulus het sy hande op hom gesit en hy het hom gesond gemaak.