1 Eendag was Jesus besig om te bid. Toe Hy klaar gebid het, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer vir ons hoe ons moet bid, soos Johannes die Doper ook vir sy dissipels geleer het.”
2 Jesus sê toe vir hulle: “Wanneer julle bid, dan moet julle sê:“Vader,ons bid dat al die menseu heilige Naam sal eeromdat U God is.Ons bid dat die tyd moet komwanneer almal sal weetU is Koning.
3 Gee vir ons die koswat ons elke dag nodig het.
4 En vergewe ons alleswat ons verkeerd gedoen het,want ons vergewe ook ander mensewat teen ons verkeerdgedoen het.Help ons dat niks sal gebeurwat ons verkeerdsal laat doen nie.”
5 Jesus het vir hulle nog meer geleer oor gebed. Hy het gesê: “Dink aan ’n goeie vriend van jou, ’n vriend vir wie jy enige iets kan vra. Jy gaan in die middel van die nag na jou vriend toe en jy vra vir hom: ‘My vriend, leen asseblief vir my drie brode,
6 want ’n ander vriend van my het nou skielik by my aangekom. Hy het ver geloop, en ek het niks wat ek vir hom kan gee om te eet nie.’ ”
7 Jesus vra toe vir hulle: “Wat dink jy sal jou goeie vriend wat in sy huis is, antwoord? Sal hy sê: ‘Jy moenie vir my pla nie. Ek het al klaar die deur gesluit, en my kinders is saam met my in die bed. Ek kan nie nou opstaan en vir jou brood gee nie.’ Dink julle hy sal dit sê?