44 Dit sal sleg gaan met julle, want julle is soos grafte wat ’n mens nie kan sien nie. Mense loop bo-oor die grafte, en hulle weet dit nie en hulle word onrein.”
45 Toe kla een van die skrifgeleerdes en hy sê vir Jesus: “Meneer, wanneer U hierdie slegte dinge sê oor die Fariseërs, dan praat U ook sleg van ons, die skrifgeleerdes.”
46 En Jesus sê: “Skrifgeleerdes, dit sal met julle ook sleg gaan, want julle wil hê mense moet dinge doen wat vir hulle baie moeilik is. Hulle moet gehoorsaam wees aan die wette wat julle maak, maar julle doen niks om hulle te help nie.
47 Dit sal sleg gaan met julle, want julle maak die grafte van die profete mooi, maar dit is julle voorouers wat die profete doodgemaak het.
48 Julle voorouers het die profete doodgemaak en julle maak die grafte van die profete mooi. Dit wys julle dink wat julle voorouers gedoen het, is goed en reg.
49 En so word dit waar wat God gesê het: ‘Ek sal profete en apostels na my mense toe stuur, maar die mense sal party van die profete en apostels laat swaarkry en die mense sal party van hulle doodmaak.’
50 Vandat die wêreld begin het, het mense profete vermoor, en God sal die mense wat nou lewe, daaroor straf.