49 En so word dit waar wat God gesê het: ‘Ek sal profete en apostels na my mense toe stuur, maar die mense sal party van die profete en apostels laat swaarkry en die mense sal party van hulle doodmaak.’
50 Vandat die wêreld begin het, het mense profete vermoor, en God sal die mense wat nou lewe, daaroor straf.
51 Hulle het begin by Abel. Hulle het hom vermoor en hulle het aangehou om profete te vermoor totdat hulle ook die profeet Sagaria vermoor het. Hulle het hom vermoor tussen die altaar en die tempel. Ja, Ek sê vir julle, die mense wat nou lewe, sal swaarkry omdat hulle voorouers die boodskappers van God vermoor het.
52 Skrifgeleerdes, dit sal sleg gaan met julle, want julle het die sleutel van die deur weggegooi. Dit is die deur waar julle moet ingaan om God te leer ken. Julle gaan self nie in by daardie deur nie, en julle keer ook die mense wat daar wil ingaan.”
53 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs was van toe af Jesus se vyande. Toe Hy uit die huis gaan, het hulle Hom oor baie dinge uitgevra.
54 Hulle het gewag dat Hy iets verkeerd sê.