17 Toe Jesus dit sê, het sy vyande nie geweet wat om te antwoord nie. Maar al die ander mense was baie bly oor al die wonderlike dinge wat Jesus gedoen het.
18 Jesus het ook gesê: “Weet julle hoe dit is wanneer God Koning is? Ek sal dit vir julle so verduidelik.
19 Dit is soos ’n mosterd-saad wat iemand in sy tuin plant. Die saad groei en dit word ’n boom, en die voëls maak hulle neste in sy takke.”
20-21 Toe praat Jesus weer. Hy het gesê: “Ek sal probeer om dit vir julle ook só te verduidelik: Wanneer God Koning is, dan is dit soos ’n vrou wat ’n klein stukkie suurdeeg neem en dit meng met drie sea meel. Die meel word dan deeg, en die suurdeeg laat al die deeg rys en groter word.”
22 Jesus het deur baie stede en dorpies geloop toe Hy na Jerusalem gegaan het. Oral waar Hy gekom het, het Hy vir die mense geleer.
23 Iemand het vir Hom gevra: “Here, sal God net ’n paar mense red?”Jesus sê toe:
24 “Julle moet hard probeer om by die klein deurtjie in te gaan, want Ek sê vir julle: Baie mense sal die deur soek om in te gaan, maar hulle sal dit nie kry nie.