19 “Daar was ’n ryk man wat pragtige klere gedra het. Hy het elke dag die beste dinge in die wêreld geniet.
20 Maar by sy hek het daar ’n arm bedelaar gelê. Sy naam was Lasarus. Hy was vol sere.
21 Lasarus het gewens hy kan eet van die kos wat van die ryk man se tafel afval. Die honde het altyd gekom en hulle het Lasarus se sere gelek.
22 Toe het die arm bedelaar gesterf, en die engele het hom weggedra om by Abraham te wees. Die ryk man het ook gesterf, en hulle het hom begrawe.
23 Toe die ryk man wakker word in die doderyk, het hy baie pyn gehad. Hy het daar ver vir Lasarus by Abraham gesien.
24 Die ryk man roep toe en sê: ‘Vader Abraham, jy moet asseblief jammer wees vir my en jy moet vir Lasarus stuur sodat hy die punt van sy vinger met water kan natmaak en my tong kan koud maak, want ek het baie pyn in hierdie vuur.’
25 Toe sê Abraham: ‘Kind, jy moet onthou dat jy in jou lewe op die aarde al die lekker dinge gehad het. Lasarus het die slegte dinge gehad. Nou troos God hier vir Lasarus, maar jy het pyn.