2 Toe roep die ryk man sy bestuurder en hy sê vir hom: ‘Ek hoor slegte stories oor jou. Bring al die boeke vir my sodat ek kan sien wat jy gedoen het. As die stories waar is, dan kan jy nie meer my bestuurder wees nie.’
3 Die bestuurder het toe gedink: Wat sal ek doen? Ek dink my hoof gaan my wegjaag. Ek kan nie goed werk met my hande nie, en ek is te skaam om te bedel.
4 Ek weet wat ek sal doen sodat mense my na hulle huise sal uitnooi nadat die hoof my weggejaag het.
5 Toe het die bestuurder al die mense laat roep wat vir sy hoof iets skuld. Hy het vir die eerste man gevra: ‘Hoeveel skuld jy vir my hoof?’
6 Die man het geantwoord: ‘Ek skuld 100 vate olyf-olie.’ Die bestuurder sê toe: ‘Neem jou rekening en verander dit gou na 50 vate.’
7 Daarna het die bestuurder vir ’n ander man gevra: ‘En jy, hoeveel skuld jy?’ Die man het geantwoord: ‘Ek skuld 100 sakke koring.’ Die bestuurder het gesê: ‘Neem jou rekening en verander dit na 80 sakke.’
8 Toe die hoof dit hoor, het hy gesê die bestuurder het ’n slim ding gedoen. Hy het gesê die skelm mense in die wêreld weet beter hoe hulle vir mekaar moet sorg. Hulle weet dit beter as die mense wat vir God dien.”