1 Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “Daar sal altyd iemand wees wat probeer om gelowiges te laat ophou glo. Maar dit sal sleg gaan met die mens wat gelowiges wil laat ophou glo.
2 As hy iemand laat ophou glo, iemand wat nie sterk glo nie, dan sal dit baie sleg gaan met hom. Dit sal vir hom beter wees as hulle ’n baie groot klip om sy nek vasmaak en hom in die see gooi.
3 Julle moet mekaar goed oppas. As ’n ander gelowige sonde doen, dan moet jy met hom praat, en as hy sê hy is jammer, dan moet jy hom vergewe.
4 En as hy sewe maal op ’n dag sonde doen teen jou en sewe maal na jou toe kom en sê: ‘Ek is jammer,’ dan moet jy hom vergewe.”