11 Jesus was nog op pad na Jerusalem. Hy was op die grens tussen Samaria en Galilea.
12 Toe Hy by ’n dorpie wou ingaan, kom daar tien melaatse mans na Hom toe. Hulle het gaan staan voordat hulle naby Hom was
13 en hulle het hard geroep: “Jesus, Meneer, U moet asseblief jammer wees vir ons en U moet ons help.”
14 Jesus het hulle gesien en Hy het vir hulle gesê: “Gaan wys julleself vir die priesters.”Toe hulle weggaan, het hulle gesond geword. God het hulle rein gemaak.
15 Hulle het gesien hulle is gesond, maar net een van hulle het omgedraai en God geprys, so hard dat baie mense dit kon hoor.
16 Hy het by die voete van Jesus gekniel met sy gesig teen die grond en hy het vir Jesus dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan.
17 Jesus was verbaas en Hy sê toe: “God het tien melaatse mans gesond gemaak. Waar is die ander nege?