13 en hulle het hard geroep: “Jesus, Meneer, U moet asseblief jammer wees vir ons en U moet ons help.”
14 Jesus het hulle gesien en Hy het vir hulle gesê: “Gaan wys julleself vir die priesters.”Toe hulle weggaan, het hulle gesond geword. God het hulle rein gemaak.
15 Hulle het gesien hulle is gesond, maar net een van hulle het omgedraai en God geprys, so hard dat baie mense dit kon hoor.
16 Hy het by die voete van Jesus gekniel met sy gesig teen die grond en hy het vir Jesus dankie gesê. Hy was ’n Samaritaan.
17 Jesus was verbaas en Hy sê toe: “God het tien melaatse mans gesond gemaak. Waar is die ander nege?
18 Het hulle nie ook dankbaar gevoel en teruggekom om God te prys nie? Hierdie man is nie ’n Jood nie, maar hy alleen het dankbaar gevoel.”
19 Jesus het vir die Samaritaanse man gesê: “Staan op en gaan huis toe. Jy het geglo, en daarom het God jou gered.”