7 As een van julle ’n slaaf het wat ploeg of skape oppas, en hy kom in die aand van die veld af by die huis, wat sal jy vir hom sê? Sal jy vir hom sê: ‘Kom eet jy eerste’?
8 Nee, jy sal vir hom sê: ‘Maak vir my aand-ete en bedien my, soos ’n goeie slaaf dit moet doen, totdat ek klaar geëet en gedrink het. Daarna kan jy eet.’
9 Jy sê nie vir die slaaf dankie nie, want hy het gedoen wat hy móét doen.”
10 Jesus sê toe vir sy dissipels: “Julle is ook soos slawe. Wanneer julle doen wat Ek vir julle gesê het om te doen, dan moet julle sê: ‘Ons het gedoen wat ons móét doen, ons dink nie dat die Here ons daarvoor moet beloon nie.’ ”
11 Jesus was nog op pad na Jerusalem. Hy was op die grens tussen Samaria en Galilea.
12 Toe Hy by ’n dorpie wou ingaan, kom daar tien melaatse mans na Hom toe. Hulle het gaan staan voordat hulle naby Hom was
13 en hulle het hard geroep: “Jesus, Meneer, U moet asseblief jammer wees vir ons en U moet ons help.”