27 Jesus het lank na hulle gekyk en Hy het gesê: “Mense kan nie self daar inkom nie, net God kan hulle laat inkom. God kan alles doen wat Hy wil doen.”
28 Petrus het vir Jesus gesê: “Kyk na ons, ons het ons mense en ons goed gelos en ons gaan saam met U.”
29 Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand sy huis los of sy vrou of sy broers of sy ouers of sy kinders omdat hy gehoorsaam is aan God wat Koning is,
30 dan sal hy baie meer terugkry. Hy sal baie terugkry nou, in hierdie tyd. Maar daar kom ’n nuwe tyd, en dan sal hy die ewige lewe kry.”
31 Jesus het met die twaalf dissipels gepraat. Hy het vir hulle gesê: “Luister, ons gaan na Jerusalem, en alles wat die profete oor die Seun van die mens geskryf het, sal daar met My gebeur.
32 Die Joodse leiers sal My vir die heidene gee, en die heidene sal My spot en sleg van My praat en op My spoeg
33 en My met ’n sweep slaan en My doodmaak. Maar op die derde dag sal Ek weer lewe.”