1 Jesus het in Jerigo ingegaan en Hy het deur die stad geloop.
2 Daar het ’n man gewoon, sy naam was Saggeus. Hy was die hoof van die tollenaars en hy was ’n ryk man.
3 Hy wou graag vir Jesus sien, hy wou sien wie Hy is. Maar omdat daar so baie mense was, kon Saggeus nie vir Jesus sien nie, want Saggeus was ’n kort mannetjie.
4 Toe het Saggeus verder op die pad gehardloop en hy het in ’n wildevye-boom geklim sodat hy vir Jesus kon sien, want Jesus moes daar verbyloop.
5 Toe Jesus by die boom kom, het Hy opgekyk en Hy het vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim gou af, want Ek moet vandag in jou huis bly.”
6 Saggeus het gou afgeklim en hy het vir Jesus in sy huis ingenooi. Saggeus was baie bly dat Jesus in sy huis wou bly.