23 Hoekom het jy nie my geld in die bank gesit nie? Dan kon ek my geld en die rente gekry het toe ek teruggekom het.’
24 Toe sê die koning vir sy amptenare: ‘Vat die geldstuk van hom weg en gee dit vir die slaaf wat tien geldstukke het.’
25 Hulle het vir hom gesê: ‘Meneer, hy het klaar tien geldstukke.’
26 Maar die koning het gesê: ‘Ek sê vir julle, ek sal vir elkeen wat baie het, nog meer gee, en ek sal van elkeen wat nie baie het nie, ook die bietjie wegvat wat hy het.
27 En daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle moet wees nie, bring hulle en maak hulle dood hier voor my.’ ”
28 Nadat Jesus hierdie gelykenis vertel het, het Hy verder gegaan na Jerusalem.
29 Toe Hy naby die dorpies Betfage en Betanië op die Olyf-berg kom, het Jesus twee van sy dissipels gestuur