24 Toe sê die koning vir sy amptenare: ‘Vat die geldstuk van hom weg en gee dit vir die slaaf wat tien geldstukke het.’
25 Hulle het vir hom gesê: ‘Meneer, hy het klaar tien geldstukke.’
26 Maar die koning het gesê: ‘Ek sê vir julle, ek sal vir elkeen wat baie het, nog meer gee, en ek sal van elkeen wat nie baie het nie, ook die bietjie wegvat wat hy het.
27 En daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle moet wees nie, bring hulle en maak hulle dood hier voor my.’ ”
28 Nadat Jesus hierdie gelykenis vertel het, het Hy verder gegaan na Jerusalem.
29 Toe Hy naby die dorpies Betfage en Betanië op die Olyf-berg kom, het Jesus twee van sy dissipels gestuur
30 en vir hulle gesê: “Gaan na die dorpie hier voor julle, en wanneer julle daar ingaan, sal julle ’n jong donkie sien wat vasgemaak is. Daar het nog nooit ’n mens op hom gesit nie. Maak hom los en bring hom hier.