31 En wanneer iemand vir julle vra hoekom julle die donkie losmaak, dan moet julle sê: Die Here wil hom gebruik.”
32 Daardie twee dissipels het toe gegaan en dit was alles soos Jesus vir hulle gesê het.
33 Toe hulle die donkie losmaak, het sy eienaars vir die dissipels gevra: “Hoekom maak julle die donkie los?”
34 Die dissipels het gesê: “Die Here wil hom gebruik.”
35 Die dissipels bring toe die jong donkie na Jesus toe, en hulle gooi van hulle klere oor die donkie, en hulle tel Jesus op die donkie.
36 Daarna het Jesus verder gery op die donkie, en die mense het van hulle klere op die pad voor Hom oopgegooi.
37 Toe Jesus naby Jerusalem kom, op die pad wat van die Olyf-berg na onder gaan, was al die mense wat saam met Jesus geloop het, baie bly. Hulle het hard begin skree en hulle het God geprys oor al die wonderlike dinge wat hulle gesien het.