37 Toe Jesus naby Jerusalem kom, op die pad wat van die Olyf-berg na onder gaan, was al die mense wat saam met Jesus geloop het, baie bly. Hulle het hard begin skree en hulle het God geprys oor al die wonderlike dinge wat hulle gesien het.
38 Hulle het geskree: Prys die Man wat kom!Hy is die Koning,die Here het Hom gestuur!Daar is vrede in die hemel,God in die hoogste hemelis Koning!
39 Party van die Fariseërs wat tussen die mense was, het vir Jesus gesê: “Meneer, jy moet vir jou dissipels sê hulle moet stilbly. Hulle mag nie hierdie dinge sê nie.”
40 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, dan sal die klippe hard skree en dit sê.”
41 Toe Jesus nader gaan en Jerusalem sien, het Hy gehuil oor die stad.
42 Hy het gesê: “Mense van Jerusalem, hoekom wil julle vandag nie verstaan wat dit is wat vir julle vrede sal bring nie. Julle wil dit nie sien nie.
43 Ek huil oor julle, want daar sal ’n tyd kom wanneer julle vyande ’n grondwal rondom die stad sal bou. Hulle soldate sal rondom julle wees en julle sal nie uit die stad kan gaan nie.