40 Maar Jesus het vir hulle gesê: “Ek sê vir julle, as hulle stilbly, dan sal die klippe hard skree en dit sê.”
41 Toe Jesus nader gaan en Jerusalem sien, het Hy gehuil oor die stad.
42 Hy het gesê: “Mense van Jerusalem, hoekom wil julle vandag nie verstaan wat dit is wat vir julle vrede sal bring nie. Julle wil dit nie sien nie.
43 Ek huil oor julle, want daar sal ’n tyd kom wanneer julle vyande ’n grondwal rondom die stad sal bou. Hulle soldate sal rondom julle wees en julle sal nie uit die stad kan gaan nie.
44 Julle vyande sal die stad verwoes en hulle sal julle almal doodmaak. Hulle sal alles afbreek, daar sal nie een muur bly staan nie. Hoekom? Omdat die tyd gekom het wanneer God julle wil red, maar julle verstaan dit nie.”
45 Jesus het toe na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop. Jesus het hulle uitgejaag.
46 Hy het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘God het gesê:“ ‘My tempel moet ’n plek weeswaar mense bid.’ Maar julle het dit verander,dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”