45 Jesus het toe na die tempel-gronde gegaan. Daar was mense besig om goed te verkoop. Jesus het hulle uitgejaag.
46 Hy het vir hulle gesê: “In die Ou Testament is geskryf: ‘God het gesê:“ ‘My tempel moet ’n plek weeswaar mense bid.’ Maar julle het dit verander,dit is nou ’n plekwaar diewe bymekaarkom.”
47 Jesus het elke dag vir die mense in die tempel geleer. Die priesterleiers, die skrifgeleerdes en die leiers van die volk het planne gemaak om Hom dood te maak,
48 maar hulle kon nie besluit hoe hulle dit sal doen nie, want al die mense het van Jesus gehou en hulle het graag na Hom geluister.