1 In daardie tyd het keiser Augustus gesê al die mense oor wie hy regeer, moet hulle laat registreer.
2 Sirenius was die goewerneur wat in daardie tyd oor die provinsie Sirië regeer het.
3 Al die mense het gegaan om te registreer, elkeen het gegaan na die stad waar sy familie altyd gewoon het.
4 Josef het in Nasaret in Galilea gewoon, maar hy moes na Betlehem gaan om te registreer. Betlehem was die stad van koning Dawid, en Josef was van die nageslag van koning Dawid.
5 Josef was verloof aan Maria. Sy was swanger en sy het saam met Josef gegaan.