18 Almal wat dit gehoor het, was verbaas oor wat die skaapwagters vir hulle vertel het.
19 Maar Maria het alles onthou en baie maal daaroor gedink.
20 Die skaapwagters het teruggegaan. Hulle het God geloof en geprys oor alles wat hulle gehoor en gesien het. Dit het alles gebeur soos die engel vir hulle vertel het.
21 Toe Jesus ag dae oud was, was dit die tyd om Hom te besny, en toe het hulle Hom Jesus genoem. Dit was die naam wat die engel vir Maria gesê het voordat sy swanger geword het.
22 Moses het in sy wette geskryf wat ’n vrou moet doen om weer rein te word nadat sy ’n kind gekry het. Maria het dit alles gedoen en daarna het sy en Josef vir Jesus na Jerusalem gebring om Hom aan die Here te wy.
23 Die wet van die Here sê: Julle moet die eerste seunvan elke vrou aan die Here wy.
24 Josef en Maria het ook ’n offer gebring, want die wet van die Here sê ook: Die vrou moet ’n offervir die Here bring.Sy moet twee tortelduiweof twee jong duiwe offer.