31 U het Hom vir ons gestuur,en al die volke sal Hom sien.
32 Al die volke sal sien Hy is die ligen hulle sal u volk Israel eer.
33 Josef en Maria was baie verbaas oor wat Simeon gesê het oor Jesus.
34 Simeon het hulle geseën en hy het vir Maria, Jesus se ma, gesê: “Hierdie Kind het gekom, Hy sal wees soos ’n klip waaroor baie mense val, maar Hy sal ook baie mense red. Hy is die Redder, maar nie al die mense sal dit glo nie.
35 Daarom, Maria, sal jy baie swaar kry. Die mense sal oor Hom stry en so sal almal weet wat die mense oor hierdie Kind dink.”
36 Dieselfde dag was daar ook ’n profeet in die tempel. Haar naam was Anna en sy was baie oud. Sy was ’n dogter van Fanuel, uit die Aser-stam. Sy het getrou toe sy jonk was, en haar man het ná sewe jaar gesterf.
37 Nadat hy gesterf het, het sy nie weer getrou nie. Sy was nou 84 jaar oud en sy was elke dag by die tempel. Sy het God elke dag en nag gedien en gevas en gebid.