13 Toe het die eienaar van die wingerd gesê: ‘Wat moet ek nou doen? Ek is baie lief vir my seun, ek sal hóm na hulle toe stuur. Hulle sal miskien my seun respekteer.’
14 Toe die mense die eienaar se seun sien, het hulle vir mekaar gesê: ‘Hierdie seun sal eendag al die eienaar se goed kry. Kom ons maak hom dood, dan vat ons alles vir onsself.’
15 Hulle het die eienaar se seun uit die wingerd gejaag en hulle het hom doodgemaak. Wat dink julle, wat sal die eienaar van die wingerd met die mense doen?
16 Hy sal kom en hy sal daardie mense doodmaak. Hy sal die wingerd vir ander mense gee.”Toe sê die mense: “Nee, dit sal nooit gebeur nie! Hierdie wingerd sal nooit aan ander mense behoort nie!”
17 Jesus het ernstig na hulle gekyk en gesê: “Wat beteken hierdie woorde in die Psalms:“Die klip wat die bouersnie wou gebruik nie,daardie klip het die belangriksteklip in die hele gebou geword.
18 Elkeen wat oor daardie klip val,sal sy bene breek en sterf.En as daardie klip op iemand val,dan sal die klip so iemanddoodval?”
19 Die skrifgeleerdes en die priesterleiers het toe dadelik probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Hulle het geweet Hy het die gelykenis vertel om te wys hulle is soos daardie mense. Maar hulle was bang vir die mense, daarom het hulle nie vir Jesus gevang nie.