18 Elkeen wat oor daardie klip val,sal sy bene breek en sterf.En as daardie klip op iemand val,dan sal die klip so iemanddoodval?”
19 Die skrifgeleerdes en die priesterleiers het toe dadelik probeer om Jesus te laat vang en toe te sluit. Hulle het geweet Hy het die gelykenis vertel om te wys hulle is soos daardie mense. Maar hulle was bang vir die mense, daarom het hulle nie vir Jesus gevang nie.
20 Die leiers van die Jode het baie goed gekyk wat Jesus doen. Hulle het spioene na Jesus toe gestuur. Die spioene het gemaak of hulle graag meer van Jesus wou leer. Die leiers wou hê Jesus moet iets sê wat verkeerd is, sodat Hy probleme kan kry. Dan kan hulle Hom vang en vir die Romeinse regering gee, sodat hulle Hom kan straf.
21 Die spioene het toe vir Jesus gevra: “Meneer, ons weet die dinge waaroor jy praat en wat jy leer, is reg. Jy is nie bang vir wat mense van jou sê nie. Jy leer vir die mense wat God wil hê hulle moet doen, en die dinge wat jy vir hulle leer, is waar.
22 Maar sê vir ons: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal of nie?”
23 Jesus het geweet hulle wil hê Hy moet iets verkeerd sê waaroor hulle Hom kan vang, en Hy sê toe vir hulle:
24 “Wys vir My ’n silwer geldstuk.”Toe hulle dit doen, vra Hy vir hulle: “Wie se kop en wie se naam is op hierdie geld?”Hulle het vir Hom gesê: “Dit is die keiser se kop en sy naam.”