26 Die spioene kon Hom nie vang nie, want niemand het gehoor dat Hy iets verkeerd gesê het nie. Hulle was baie verbaas oor wat Jesus geantwoord het en hulle het stilgebly.
27 ’n Paar Sadduseërs het na Jesus toe gekom. Die Sadduseërs het nie geglo dat die mense wat gesterf het, weer sal lewe nie. Hulle het vir Jesus gesê:
28 “Meneer, Moses het in sy wette geskryf wat ons moet doen. Hy het gesê: ‘Wanneer ’n man sterf en sy vrou lewe nog en hulle het nie kinders nie, dan moet sy broer met die weduwee trou. Wanneer die vrou dan kinders kry, dan sal dit sy broer wat dood is, se kinders wees.’
29 Daar was sewe broers. Die oudste broer het getrou. Hy het gesterf maar hy het nie kinders gehad nie.
30 Die tweede broer het met die oudste broer se weduwee getrou,
31 en ná hom het die derde broer met haar getrou, en so het al sewe broers met die vrou getrou. Hulle het almal gesterf, maar hulle het nie kinders gehad nie.
32 Later het die vrou ook gesterf.