13 Dan kan julle vir hulle van My vertel.
14 Julle moet besluit om nie voor die tyd gereed te maak vir wat julle sal sê wanneer julle in die hof kom nie,
15 want Ek sal vir julle sê wat julle moet sê. Julle sal soos wyse mense praat en julle vyande sal nie weet wat om te antwoord nie, hulle sal nie kan sê julle praat verkeerd nie.
16 Ook julle ouers, julle broers, julle familie en julle vriende sal vir julle hof toe vat. Hulle sal party van julle ook doodmaak.
17 Almal sal julle haat omdat julle aan My behoort.
18 Maar julle sal nie verlore gaan nie, nie een haar van julle kop sal verlore gaan nie.
19 As julle aanhou glo, dan sal julle die ewige lewe kry.”