13 Toe het Pilatus die priesterleiers en die leiers van die volk en al die mense bymekaargeroep.
14 Hy het vir hulle gesê: “Julle het vir my hierdie man gebring en gesê hy maak die mense opstandig. Ek het geluister na wat hy sê, maar ek kon niks kry wat wys dat hy skuldig is nie.
15 Herodes kon ook niks kry wat hy verkeerd gedoen het nie, want hy het vir Jesus teruggestuur na my toe. Jesus het niks verkeerd gedoen nie, ek kan hom nie laat doodmaak nie.
16 Daarom sal ek hom laat slaan, en dan sal ek hom uit die tronk laat kom.”