2 Hulle het begin om Jesus te beskuldig. Hulle het gesê: “Ons het uitgevind dat hierdie man ons volk opstandig maak. Hy sê die mense moenie belasting betaal aan die keiser nie. Hy sê ook hy is ’n koning, die Christus.”
3 Pilatus het vir Jesus gevra: “Is jy die koning van die Jode?”Toe antwoord Jesus vir Pilatus: “Jy sê self Ek is.”
4 Pilatus het vir die priesterleiers en die mense gesê: “Ek dink nie hierdie man het enige iets verkeerd gedoen nie.”
5 Maar die priesterleiers het aangehou om te sê: “Hy maak die mense opstandig, want hy het begin om vir die mense in Galilea verkeerde dinge te leer, en nou doen hy dit ook in die hele land Judea.”
6 Toe Pilatus dit hoor, vra hy: “Kom hierdie man van Galilea?”
7 En toe hy hoor dat Jesus van Galilea kom waar Herodes koning is, het hy vir Jesus na koning Herodes toe gestuur. Herodes was ook vir die Paasfees in Jerusalem.
8 Herodes was baie bly om Jesus te sien, want hy wou graag vir Jesus ontmoet omdat hy baie van Hom gehoor het. Herodes het gehoop Jesus doen ’n wonderteken voor hom.