22 Pilatus het ’n derde maal met die mense gepraat. Hy het gesê: “Sê vir my, wat het hierdie man gedoen wat verkeerd is? Ek kan niks kry waaroor hy moet sterf nie. Ek sal hom laat slaan, en dan sal ek hom uit die tronk laat kom.”
23 Maar die mense het aangehou om hard te skree dat Pilatus vir Jesus moet laat kruisig. Hulle het so baie geskree
24 dat Pilatus besluit het om te doen wat hulle vra.
25 Hy het vir Barabbas laat uitkom, Barabbas wat in die tronk was omdat hy die leier was van mense wat opstandig was teen die Romeinse regering, en omdat hy iemand vermoor het. Pilatus het gedoen wat die mense gevra het, hy het gesê Jesus moet sterf, want dit is wat die mense wil hê.
26 Die soldate het vir Jesus weggevat. Daar het ’n man van buite die stad gekom, sy naam was Simon, hy was van die stad Sirene. Die soldate het hom gevat en hulle het Jesus se kruis op hom gesit. Hulle het vir hom gesê hy moet agter Jesus loop en hy moet die kruis dra.
27 Baie mense het agter Jesus geloop. Party van die vroue het hulleself op die bors geslaan en hulle het oor Jesus gehuil.
28 Toe draai Jesus om en sê vir hulle: “Vroue van Jerusalem, julle moenie oor My huil nie. Julle moet oor julleself huil en oor julle kinders.