41 Dit is reg dat hulle ons straf, want ons het verkeerde dinge gedoen. Maar Jesus het niks verkeerd gedoen nie.”
42 Toe sê hy vir Jesus: “Jesus, dink aan my wanneer God vir U Koning maak.”
43 En Jesus het vir hom gesê: “Ek sê vir jou, en dit is seker: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.”
44 Dit was omtrent twaalfuur die middag. Dit het donker geword oor die hele land. Dit was donker tot drie-uur die middag.
45 Toe dit donker word, het die gordyn in die tempel van bo tot onder geskeur.
46 En Jesus het hard gesê: “Vader, Ek gee myself vir U.”Nadat Jesus dit gesê het, het Hy gesterf.
47 Die kaptein van die Romeinse soldate het gesien wat gebeur. Hy het God geprys en gesê: “Hierdie man was regtig onskuldig.”