14 Hulle het met mekaar gepraat oor alles wat gebeur het met Jesus.
15 Terwyl hulle daaroor wonder en praat, het Jesus self nader gekom en saam met hulle geloop.
16 Maar hulle het nie gesien dit is Jesus nie, God het hulle dit nie laat sien nie.
17 Jesus het vir hulle gevra: “Waaroor loop en praat julle met mekaar?”Die twee mans het gaan staan. Hulle was baie hartseer.
18 Kleopas, een van die mans, het vir Jesus gevra: “Woon jy nie in Jerusalem nie? Weet jy nie van al die dinge wat hier gebeur het in die dae wat verby is nie?”
19 Jesus het vir hulle gevra: “Watter dinge?”Hulle sê toe vir Jesus: “Al die dinge wat gebeur het met Jesus, die man van Nasaret. Jesus was ’n profeet. Hy het wonderlike dinge gedoen en gesê. God was by Hom en al die mense het van Hom geweet.
20 Maar die priesterleiers en die leiers van ons volk het niks daarvan gehou nie. Hulle het vir Jesus gaan beskuldig by Pilatus, hulle wou hê Pilatus moet sê dat Jesus moet sterf. Toe het hulle vir Jesus gekruisig.