22-23 ’n Paar vroue wat by ons is, het vroeg die oggend by die graf gekom en hulle het nie Jesus se liggaam daar gekry nie. Ons was verbaas daaroor. Die vroue sê ook hulle het engele gesien en die engele het gesê Jesus lewe.
24 Party ander mense wat by ons is, het ook na die graf gegaan. Hulle het gesien alles is presies soos die vroue gesê het. Maar hulle het nie vir Jesus gesien nie.”
25 Toe sê Jesus vir die twee mans: “Hoekom verstaan julle nie wat gebeur het nie? Hoekom wil julle nie glo wat die profete gesê het nie?
26 Die profete het gesê die Christus moet eers swaarkry en dan sal Hy Koning word.”
27 Toe het Jesus begin om vir hulle te verduidelik wat die boeke van Moses en die profete en die ander boeke van die Ou Testament oor Hom sê.
28 Toe hulle naby die dorpie kom waarnatoe hulle geloop het, het Jesus gemaak of Hy verder wil loop.
29 Maar die twee mans het vir Jesus gesê: “Nee, bly by ons, want dit is amper aand, die dag is verby.”Jesus het toe saam met hulle by die huis ingegaan en Hy het by hulle gebly.