16 Judas seun van Jakobus, en Judas Iskariot wat later vir Jesus verraai het.
17 Daarna het Jesus saam met die apostels van die berg afgegaan en op ’n gelyk plek gaan staan. Daar was baie van sy dissipels en baie ander mense wat gekom het uit die hele provinsie Judea, en van Jerusalem en van die stede Tirus en Sidon by die see.
18 Hulle het almal na Jesus kom luister en hulle wou hê Hy moet hulle gesond maak. Daar was onrein geeste in party mense, en Jesus het daardie mense ook gesond gemaak.
19 Almal wou graag aan Jesus raak, want daar het krag uit Hom gekom en die krag het almal gesond gemaak.
20 Jesus kyk toe na sy dissipels en Hy sê vir hulle:Julle wat arm is, is gelukkige mense,want God is julle Koning.
21 Julle wat nou honger is,is gelukkige mense,want God sal vir jullegenoeg gee om te eet.Julle wat nou huil,is gelukkige mense,want julle sal lag.
22 Julle is gelukkige mensewanneer die mense julle haaten wegjaagen beledig en slegte dingevan julle sêomdat julle aan My behoort,aan My, die Seun van die mens.