2 Toe vra party van die Fariseërs: “Hoekom doen julle iets wat ’n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie?”
3 Jesus het vir hulle gesê: “Het julle gelees wat Dawid gedoen het toe hy en sy manne honger was?
4 Dawid het in ’n tempel ingegaan en hy het die brood geneem wat net die priesters mag eet. Dawid het dit geëet en hy het ook vir sy manne daarvan gegee.”
5 Jesus sê toe vir hulle: “Ek, die Seun van die mens, is die Here wat besluit wat op die Sabbatdag mag gebeur.”
6 Op ’n ander Sabbatdag het Jesus na die sinagoge gegaan en Hy het vir die mense geleer. Daar was ’n man, sy regter-hand was gebreklik.
7 Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het Jesus dopgehou om te kyk of Hy die man op die Sabbatdag gesond sal maak. As Jesus dit doen, dan wou hulle Hom beskuldig dat Hy verkeerd gedoen het.
8 Maar Jesus het geweet wat hulle dink. Hy sê toe vir die man met die gebreklike hand: “Kom staan hier tussen die mense sodat almal jou kan sien.”Die man het gedoen wat Jesus gesê het.